Monday 12 September 2011

Snoepworsies met spek



Jy benodig (vir 6 mense)
• 18 snoepworsies (soos klein varkworsies of chipolatas)
• 9 repies strepiespek, middeldeur gesny
... • 1 eetlepel olyfolie

So maak jy
1 Draai ’n stukkie spek om elke worsie en steek dit met ’n tandestokkie vas.
2 Verhit die olie in ’n pan en braai die worsies oor matige hitte totdat die spekvleis oraloor goudbruin en bros (en die worsies daarbinne gaar!) is.
3 Sit dit voor met blatjang of soet rissiesous as ’n doopsousie.