Thursday 15 September 2011

Dennebolle as plekaanwysers


Dennebolle maak oulike goedkoop kersversierings uit.  Jy kan hulle ophang aan linte by jou kaggel, jy kan hul in ‘n glasbak gebruik as tafel versiering of selfs as deel van jou kersfees buffet versierings.
‘n Idee waarvan ons nogal baie hou, is om hulle te gebruik as naamkaartjie - plekaanwysers vir jou kerstafel. 
Koop ‘n blikkie “fake snow” en spuit dit liggies oor die dennebolle of versier hulle met blinkertjie-gom  (Prit glitter glue).  Kyk net hoe oulik lyk die klein akkers op die foto regs bo in hul verskillende kleure.  Jy kan dit aanpas om by jou dekor te pas.