Thursday 15 September 2011

Plantjies vir jou gaste - naamkaartjies


Klein potplantjies kan gebruik word as plekaanwysers, en maak ter selfde tyd oulike geskenkies vir jou gaste. 
Koop ekstra klein kleipotjies by die kwekery (hulle is nie duur nie) en plant klein plantjies van jou keuse daarin.  Doen dit so ‘n week of twee voor jou funksie, sodat die plantjies kans het om te herstel van die oorplant.  Hierdie idee lyk pragtig op ‘n tafel waar groen die kleurskema is en natuurlik sal dit ook pragtig op ‘n somers-kersfees-tafel lyk.