Thursday 18 August 2011

Vrugte op die kerstafel - 'n Somer kersfees idee

Vars vrugte is altyd ‘n treffer somer maande, so jy kan nie eintlik verkeerd gaan met vrugte as nagereg vir kerstyd nie.  (Solank hulle super vars is.) Hier is ons twee idees:
Vrugte sosaties lyk pragtig op enige onthaalbord.  Dis redelik maklik om te maak, maar jy mag dalk ‘n ekstra hand nodig hê as jy vir ‘n groot hoeveelheid mense onthaal.  As julle net ‘n paar mense bymekaar is, is dit ‘n uitstekende idee. (‘n Ander opsie is om mini-vrugte sosaties te maak en dan ‘n  sjokolade dip daarby te bedien.)En dan is daar natuurlik die staatmaker vrugteslaai.  Onthou as jy dit opdien in ‘n plastiek houer het dit eenvoudig net nie dieselfde effek as wat ‘n mooi glasbak sal hê nie.  Doen bietjie moeite om ‘n mooi slaaibak te gebruik en rond jou vrugteslaai af met ‘n vars mint blaartjie.  Dan lyk dit sommer ekstra spesiaal en vars.  (Vir die gaste met ‘n soettand kan jy altyd roomys ook op die tafel sit.)