Wednesday 10 August 2011

Messegoedlaai






















Trek 'n messegoedlaai oor met kleurvolle oliedoek.
Gebruik 'n handwerkmes, snymat en metaalliniaal en maak vir elke deel van die laai 'n papierpatroon.
Sny die patrone uit oliedoek en plak dit netjies op die laai vas. Gebruik 'n sterk gom wat geskik is vir plastiek én hout, soos die Contact Adhesive van Alcolin.
Oliedoek is by materiaalwinkels en sekere dekorwinkels te kry. Dit het ‘n plastieklagie aan die een kant en is dus perfek om in die kombuis te gebruik.
(Idees tydskrif)