Thursday 18 August 2011

Maak self ‘n Piñata vir jou kind se verjaarsdag partytjie.

Wie hou nou nie van ‘n klomp lekkergoed wat uit die lug reën nie….
Jy benodig:
Groot ballon
Koerantpapier
Wit gom (stokperdjie gom)
Verf
Toiletpapier rolletjie
Masking tape
Tou
Versiering
Baie lekkergoed

Om te begin:
“Paper Mache” kan gemaak word deur 2 dele wit gom te meng met 1 deel water.
Skeur die koerantpapier in strokies wat maklik hanteer. 
Blaas die ballon op sy grootste op.
Knip die toiletpapier rolletjie in die middel deur.  Neem dan die een helfte en heg dit met die “masking tape” vas oor die knoop van die ballon.

Metode:
Doop die strokies koerantpapier in die gom mengsel en plak dit op die ballon vas.  Maak seker die hele ballon is toe van koerantpapier en dat daar nerens oop stukkies is nie.
(Onthou aan die bo-kant moet jy ‘n groot genoeg stukkie oop laat waar jy die lekkergoed kan in sit.)
Neem tou en maak dit om die ballon vas kruis en dwars sodat jy later die pinata daaraan kan ophang.
Sit nou ‘n tweede laag van die koerantpapier bo-oor die hele ballon.  (Maak seker dis glad en heeltemal toe. Ook die toiletpapier rolletjie.)
Laat droog word oornag.
Maak die volgende oggend seker die hele ballon is baie droog voor jy ‘n speld neem en die ballon stukkend prik.  Jy kan nou die lekkergoed in die piñata sit.
Sit nou nog ‘n finale laag van die koerantpapier oor die hele ballon (ook die opening waar jy die lekkergoed in gesit het en laat weer oornag droog word.
Versier die piñata en hang dit op vir die kinders om te geniet.
(Die maklikste idee is om met ‘n ronde ballon vorm te begin.  Daarna kan jy meer eksperimenteer.)