Wednesday 17 August 2011

Knoffel






















Knoffel het oor eeue heen een van die gewildste kos- en medisinale bestanddele gebly, al laat die geur party mense swymel en ander skewebek trek.
Knoffel se geur word bepaal deur die ouderdom en variëteit van die bolle, maar grootliks deur die gaarmaakmetode en hoe dit gesny word.

Jonger bolle, asook gesnyde en heel knoffel wat stadig gerooster is, is soeter en meer subtiel, terwyl rou, gekapte, gekneusde of vinnig gebraaide knoffel 'n meer intense geur het. Party vars jong knoffelhuisies is matig genoeg om selfs rou te eet - moet net nie verwag ander mense gaan jou hartlik soengroet nie! Vars knoffel het plomp, harde huisies, terwyl ouer bolle sagter voel en uitgedroog lyk. Die groen lote in ouer bolle is boonop moeilik verteerbaar en moet liefs verwyder word voordat jy dit gebruik.