Wees kreatief en versier met knope, lint, tossels of letterlik enigiets waarvan jy hou. Hou die winkels dop vir die aller mooiste kersfees materiaal. (Meestal begin van die seisoen redelik goedkoop omdat dit dalk nog van verlede jaar se voorraad is wat hul uitpak.) Vilt is een van die beste materiale om te gebruik. Dis veral ideaal vir beginners wat nie goed is met naaldwerk nie, aangesien jy nie benodig om nate in te stik nie.
Jy kan dit ook meer persoonlik maak deur die persoon se naam daarop te borduur.
NS: Onthou om een vir elkeen van die viervoet-kinders ook te maak...of maak sommer 'n paar klein kousies as kersboom versierings.
Bron: Facebook / In en om die huis member shared template