Wednesday 17 August 2011

Patattjips













Skil die patat en gebruik 'n groenteskiller om dun skyfies te sny. Sit die skyfies tussen lae handdoekpapier en druk soveel moontlik vog uit die skyfies uit. Dit verseker dat hulle bros braai en bros bly nadat hulle gebraai is. Verhit sonneblomolie in 'n kastrol vir diepbraai en braai 'n paar skyfies op 'n slag in warm olie tot goudbruin en bros. Dreineer op handdoekpapier en sprinkel sout oor.