Wednesday, 31 August 2011
Kerskrans van knope
Maak kerskransie-versierings vir jou kersboom of 'n groter een vir 'n deur. Gebruik al die knope wat nou al so lank in jou pad lê.
Sny 'n sirkel uit materiaal. Ryg 'n klomp knopie met draad in 'n sirkel vorm en plak dan die materiaal sirkel agter op dit vas om die draad weg te steek. Draai jou kransie om en gaan voort om lagies knope bo-op die eerste laag in verskillende posisies vas te gom. Hou aan tot dit reg en mooi lyk na jou smaak en bind 'n mooi lint vas sodat jy dit kan ophang.