2 kg bruismeel
10 ml sout
750 ml klapper
500 g margarien
200 g sjokolade stukkies (baksjokolade stukkies)
3 eiers
600 g suiker (750 ml)
1 liter karringmelk
METODE
1. Stel die oond op 180 grade C
2. Sif bruismeel en sout saam.
3. Voeg klapper by
4. Vryf botter in mengsel in
5. Voeg sjokolade stukkies by
6. Klits eiers, suiker en karringmelk saam
7. Meng alles saam. Voeg melk by indien die deeg te styf is.
8. Smeer broodpannetjies. Plaas die deeg daarin totdat +- 1/4 van die boom bedek is, anders is die beskuit te groot. Bak +- 20 minute, sny en droog uit.
9. Geniet met ‘n heerlike koppie tee!