Wednesday 10 August 2011

Advent Kalender gemaak van vuurhoutjie boksies

Bêre leë vuurhoutjie boksies. Kerstyd kan jy hulle in mooi vrolike kleure oortrek en op elke boksie ‘n getalletjie vanaf 1 tot 25 plak of skryf.
Sit ‘n spesiale bederfie in elkeen en gooi in ‘n mooi glasbak wat jy in die sitkamer of enige plekkie in jou huis kan vertoon (dalk naby die kersboom). Die kinders kan dan die slapies aftel na kersfees. Hierdie idee is veral oulik indien my meer as een kind het. Elkeen kan dan sy eie glasbak met geskenkies kry. (Advent Calendar)

Bron:  Facebook / In en om die huis member shared