Thursday 11 August 2011

KANEEL























In ayurveda, die antieke Indiese geneeskunde, word kaneel gebruik vir goeie spysvertering en om opgeblasenheid, naarheid en diarree te verlig. Maar kaneel is nie net lekker in vrugtekoek nie: Volgens Prescription for natural cures: A self-care guide for treating health kan 'n halwe teelepel kaneel per dag diabete help om hul bloedsuikervlak te verlaag en dit kan ook slegte cholesterol beveg. Ander gesondheidsvoordele sluit in die verligting van 'n toe neus, seer of stywe spiere en gewrigte, en menstruele pyn.

***Ons beskou hierdie inligting NIE as dokter's raad nie.  Raadpleeg dus eers u huisdokter voor u enige raad self volg / uit toets.  Hierdie inligting is bloot wat ons lede deel uit hul eie ondervinding.  In en om die huis dra geen verantwoordelikheid vir die korrektheid van inligting nie.