Monday 20 June 2011

Wit in die tuin as fokuspunt

As jy soek vir ‘n lae onderhoud idee vir jou tuin, maar iets wat nogtans mooi sal lyk en ‘n “statement” maak, is hierdie dalk die ideale idee vir jou.
Fyn lig grys klippies as vloer bedekking.  Plaas bo-op dit potte wat wit geverf is met sagte blomme in skakerings van wit of ligte pastel.
As jy dalk iets meer dramaties soek, kan jy kyk na wit potte met helder donker rooi malvas / pelargoniums.
Onthou die geheim van potte - wanneer jy plante uitsoek:  “Something thrilling, something filling and something spilling.” (Ietsie wat uitstaan en aandag trek, Ietsie wat die gate toemaak en ietsie wat oor die kant rank.)  Dis altyd ‘n wenner.