Tuesday 21 June 2011

LAMSKENKELS






















 (4 - 6 porsies)
  • 4 lamskenkels van sowat 600 g elk
  • 100 g meel
  • 100 ml olyfolie
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 1 rooi soetrissie, in groot stukke gesny
  • 2 wortels, in groot stukke gesny
  • 2 takke seldery, in groot stukke gesny
  • 1 ui, in kwarte gesny
  • 3 knoffelhuisies
  • 500 ml rooiwyn
  • 2 lourierblare
  • 3 vars takkies origanum
  • 500 ml groente-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 160 °C. Plaas tamaties, soetrissie, wortels, seldery, ui en knoffel in jou voedselverwerker en kap baie fyn. (As jy nie ’n voedselverwerker het nie, sal jy al die groente self moet fynkap.) Rol die lamskenkels in die meel en skud die oortollige meel af. Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die skenkels tot mooi bruin. Voeg die fyngekapte groente, rooiwyn, lourierblare, origanum en aftreksel by die skenkels. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en maak toe met ’n deksel. Kook vir minstens 3 tot 4 ure tot die vleis feitlik van die been af val. Jy kan ook die deksel van die kastrol afhaal vir die laaste uur as die sous te veel is.