Kraakvars en gesonde slaai
Kap 6 selderystingels met blare, 100 g okkerneute en 2 groen appels fyn.
Meng dit met ’n hand vol roketblare en 60 ml sultanas of swart druiwekorrels.
Maak ’n slaaisous daarby:
Meng ’n groot lepel vol mayonnaise met dieselfde hoeveelheid dun ongegeurde jogurt, 60 ml lemoensap en sout en peper.