Thursday 23 June 2011

Winter - Tuinbankie

Gedurende die winter maande is daar nie so baie wat mens dalk doen in die tuin nie, maar dis nou die ideale tyd om 'n ou verweerde tuinbankie nuwe lewe te gee.  Verf dit in 'n mooi helder kleur en wanneer die somer en lente blommetjies rondom jou helder bankie groei en blom, gaan die prentjie net nog mooier wees en 'n pragtige fokuspunt uitmaak.