Thursday 23 June 2011

Sorg so vir jou potjie

'n Wenk wat ons gekry het om die metaal smaak uit 'n nuwe potjie te kry is as volg:  Voor jy dit gebruik, maak jou potjie vol water en voeg by uie, wortels, seldery en olie en dan kook jy dit vir 3 uur lank.  Sorg dat hy vol water bly.  Maak daarna baie goed skoon.
Voordat jy jou potjie bere, onthou om dit altyd skoon te was met seepwater, deeglik te laat droog word (hetsy op kole of in 'n oond) en dan baie deeglik te spuit met 'n kleefwerende middel.  Vir ekstra voorsorg by die see, kan jy altyd 'n ou koerant binne in die potjie sit om oortollige klamigheid te absorbeer.