Friday 24 June 2011

Amperse Italiaanse Tamatie Spaghetti – Roline de Beer


















Dit lyk na baie werk maar dit is regtig nie. En dit is lekker vir groot en klein!

1 pakkie spaghetti gaar gemaak volgens aanwysings
2 blikkies Tamatie Pasta
500ml kookwater
3 wortels, geskil en gerasper op fyn kant van rasper
3 stingels seldery, baie fyn gekap
3 uie, fyn gekap
3 groot Lourier blare
3 groot tone knoffel gekneus en gekap OF
2 teelepels fyn knoffel (die wat mens in die bakkie koop)
3 eetl sonneblom olie
3 tot 4 telepels suiker
sout en peper na smaak

Metode:
1) Braai uie, seldery en blare in die olie oor stadige hitte tot uie amper sag is.
2) Voeg knoffel en wortel by en braai vir 5 min op stadige hitte.
3) Voeg tamatie pasta, kookwater, sout, peper en suiker by.
4) Prut vir so 20 min. (As jy proe moet die tamatie nie rou proe nie.)
5) Roer gereeld en pasop dat dit nie brand nie.
6) Meng sous met spaghetti, gooi gerasperde kaas van keuse oor.

WENKE

*As die sous te DIK is kan nog bietjie water bygevoeg word tot dit na jou smaak is.
*As die sous te DUN is, prut verder tot dit na jou smaak is.

#Vervang die spaghetti met enige ander pasta vorm.

#Die seldery en wortel kan weg gelaat word. Verminder net die water bietjie. Maar dit is 'n baie goeie manier om groente in jou kindjie te kry sonder dat hulle eers besef.

#Jy kan altyd jou kind se gunsteling groente by gooi.

#Maalvleis kan ingegooi word saam met die uie en saam gebraai word. Selfs gekerfde sampioene, spek, worsies, net wat jou kind van sal hou.

Ek het frikkedelle saam met dit gemaak maar my meisiekind het nie eers aan die frikkies geraak nie. Sy het wel elke laaste stukkie spaghetti een vir een op geslurp en vir nog gevra!

WEES GEWAARSKU: Hierdie is NIE 'n skoon etery nie! Soos julle kan sien van die foto!