Friday 24 June 2011

Wildsvleispatee




















(Resep van Louise Cruickshank)

"Gebruik die patee as pannekoekvulsel of op toebroodjies met vars blaarslaai en tuisgemaakte brood.

1 kg wildsvleis, ontbeen
1 lourierblaar
2 jenewerbessies
2 heel naeltjies
2 knoffelhuisies
500 ml vleisaftreksel
125 g swoerdlose spekvleis, gekap
1 ui, gekap
3-4 wortels, gerasper
45 ml botter
200 g knopiesampioene, in skyfies gesny
80 ml koekmeelblom
125 ml suurroom
30 ml kweperjellie
50 ml port
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
100 ml botter, gesmelt

Bring die eerste ses bestanddele saam tot kookpunt. Verlaag die hitte, bedek en laat prut stadig vir sowat 1-2 uur of tot die vleis sag is. Skep vleis uit en vul vloeistof aan tot 250 ml. Sny vleis fyner of vlok. Soteer spek, uie en wortel in die botter in 'n skoon kastrol tot sag en goudbruin. Voeg die sampioene by en roerbraai. Meng die meel met 250 ml aftreksel tot 'n pasta. Roer tot dit kook. Voeg die vleis en sampioenmengsel by. Roer en bring tot kookpunt. Laat prut 'n paar minute. Voeg die suurroom, kweperjellie en port by en geur. Laat afkoel. Puree in 'n voedselverwerker tot glad. Skep in geskikte bakkies, maak glad en bedek met verhelderde of gesmelte botter. Plaas in die yskas tot botter hard is en bedek met kleefplastiek.