Friday 24 June 2011

Maklike plek aanwysings (placecards)


Kyk net hierdie goedkoop en oorspronklike manier om aan te dui waar elkeen sit. 

Maak jou hele tafel spierwit en gebruik wit kerse soveel as moontlik.  Met groen as aksent-kleur, kan jy dan rondspeel en hierdie oulike appel idee byvoeg.  Doodgewone groen appels en ‘n goeie pen later, het jy goedkoop en speelse plek aanwysings goed genoeg vir enige onthaal.  Jy kan dit selfs afrond met ‘n mooi strikkie dalk om die steeltjie van elke appel. 

Vir ‘n meer formele funksie, kan jy blaarvormpies uitknip uit harde papier en vasbind om die appelsteeltjies met elkeen se naam daarop.