Friday 24 June 2011

KORINGVRYE KOEK





















(resep uit Idees Tydskrif)

Gebak kan 'n tameletjie raak as iemand in die gesin koring-intolerant is. Probeer hierdie koringvrye resep.
Klop 240 g botter, 320 g strooisuiker en vier groot eiers saam. Vou 750 ml rysbruismeel om die beurt met 250 ml melk en 15 ml gerasperde lemoen- of suurlemoenskil by.

Skep dit in twee gesmeerde 20 cm-koekpanne en bak by 180 ºC vir 50 minute of tot deurgaar. Laat afkoel, smeer gesmelte sjokolade oor en versier met sitrusskil as jy wil.

Entice Self-Raising, Self-Binding Rice Flour, ’n rysbruismeel, is ’n unieke oplossing vir glutenvrye gebak omdat jy koringmeel in enige resep koppie vir koppie daarmee kan vervang. Jy kan dit by uitgesoekte takke van Pick ’n Pay en Spar en by gesondheidswinkels koop.