Monday 20 June 2011

Seldery - Apium graveolens






















Dié geharde tweejarige plant kweek maklik en die blare, stingels en sade kan geëet word.

Kweekwenke
Saai seldery in die lente en herfs in volson.
Seldery kan in potte geplant word saam met ander kruie en blaargroente.
Potte moet met potgrond, dreineringsklippe en beenmeel berei word.
Gee plantjies weekliks sowat 30 mm water.
Seldery se metgeselplante is preie, tamaties en groenboontjies.

Oeswenke en gebruike
Seldery is ná 80-90 dae gereed om geoes te word.  Gebruik die stingels in slaai of as groente in enigiets van sop tot bredies. Die blare het ’n peperagtige smaak en jy kan
dit spaarsamig in soppe, vulsels en graangeregte snipper.
Die saad is perfek vir piekels, vulsels, slaaisouse en selderysout.

WENK
Selderysaad kan ook gebruik word om piekels en brood te geur.

Kyk onder resepte vir ‘n Waldorslaai waarin seldery gebruik word.