Wednesday 15 June 2011

SPESERY-NEUTE






















Spesery-neute vir 'n pa met 'n swak vir southappies

(Dit lewer 250 g neute)

30 ml olie
15 ml matige kerriepoeier
15 ml sesamsaad
15 ml uievlokkies
5 ml fyn koljander
2 ml sout
1 ml varsgemaalde swartpeper
250 g gemengde neute

Verhit olie in 'n swaarboompan, voeg die kerriepoeier, sesamsaad, uievlokkies en koljander by.

Laat vir 2 minute braai, terwyl aanhoudend geroer word.

Voeg sout, peper en neute by en laat liggies braai vir ongeveer 8 minute. Roer af en toe.

Dreineer op kombuispapier. Sodra die neute heeltemal afgekoel het, plaas in 'n skoon, lugdigte fles, verseël en versier na wense.

Wenk: Die neute kan tot drie weke in 'n lugdigte houer gebêre word.