Wednesday 15 June 2011

Kersie-en- neute-fudge















Sit dit in 'n mooi bottel of fles, of bind 'n strik of 'n stuk raffia daarom vas, en siedaar: 'n geskenk om op trots te wees wat pa se hart sal verbly

900 g suiker
100 g botter of margarien
250 ml water
25 ml gouestroop
1 blik (397 g) gekondenseerde melk
80 g kersies, gekap
80 g neute, gekap
10 ml asyn
5 ml vanielje-essens

Plaas die suiker, botter, water en gouestroop in 'n swaarboom-kastrol. Moenie roer nie, maar verhit oor lae hitte tot die suiker opgelos het. Voeg die gekondenseerde melk by en verhit tot kookpunt. Kook sowat 25 minute terwyl jy die mengsel gereeld roer. Haal van hitte af sodra die sagtebal-stadium bereik is. (Toets deur 'n teelepelvol in koue water te sit. Die mengsel moet 'n sagte balletjie vorm.) Voeg die kersies, neute, asyn en vanieljegeursel by. Klop tot die mengsel dik is en aan die kante begin stol. Gooi in 'n bak van 26 cm x 37 cm wat liggies met botter gesmeer is. Laat stol en sny in blokkies.