Friday 17 June 2011

Sop en sherry winter onthaal

Hier is 'n idee vir 'n heerlike winter saam kuier wat sommer hope pret kan wees. 

As jy op soek is na goedkoop en unieke idees vir onthaal, kyk na die foto hierbo.  Maak 'n groot pot butternut / botterskorsie-sop.  Gebruik die onderste helfte van die botterskorsie wat uitgehol is, as houertjies waarin jy die sop bedien.  Daar is soveel verskillende vorme van pampoen op die mark.  Jy kan rondspeel met wat die beste vir jou werk. (Dit laat sommer tonne minder opwas vir na die tyd.)

'n Ander opsie is om 3 verskillende soorte sop te maak en dit in interressante houers op 'n buffet tafel te sit vir elkeen om homself te help.  Pak 'n broodtafel oop met verskeie interressante brode en moenie vergeet om konfyt en kaas by te voeg vir die wat nie so lief is vir sop nie.  

Ontvang jou gaste in 'n vertrek met kerse en kaggelvuur en 'n goeie sherry of twee en geniet die wintersaandjie.