Friday 17 June 2011

Goeie grond en tuisgemaakte kompos

Die groot verskil op die fotos hierbo is die tiepe grond.  Die grond aan die linkerkant gaan heel moontlik baie minder addisionele voedingstowwe benodig as die een regs, wanneer jy daarin plant.

Jy kan ‘n verandering maak op ‘n bekostigbare en maklike manier.

Maak jou eie kompos deur die volgende maklike stappe te volg:
1)      Kry ‘n plekkie in jou tuin waar jy ‘n hoop kan maak – verkieslik weg van die huis en in die skadu.
2)     Nou kan jy die volgende net byvoeg soos jy dit tot jou beskikking het:
a.     Eierdoppe
b.    Teesakkies
c.     Groente en vrugte skille
d.    Grassnysels
e.     Blare
f.     Takkies (baie fyn opgesny)
3)     Gooi grond bo-oor en hou dit nat.

Hou egter die volgende in gedagte:  As jy bang is so ‘n hoop in jou tuin lok ongewenste gediertetjies of dat dit dalk mag sleg ruik, is daar nog ‘n beter plan wat ons in ons eie tuin met sukses toepas:
·         Sodra jy enige van bogenoemde items het, begrawe dit dood eenvoudig in jou tuin. 
·         As jy ‘n spesiale plek afgebaken het vir jou groentetuin, maak ‘n diep voor, gooi die organiese produkte in die voor en maak toe met grond.  Jy kan nou jou groente bo op hierdie voor plant.

Onthou erdwurms is die tuinier se vriend en hulle floreer op hierdie manier van tuinmaak.