Friday 17 June 2011

BAR ONE POEDING









Meng 1 koppie (250 ml) koekmeel, 1 eetlepel (15 ml) bakpoeier, 1 ml sout, 30 ml kakao en 200 ml bruinsuiker saam. Sny 1 55 g Bar-one in klein blokkies en meng dit met die droë bestanddele.

Smelt 60 ml botter of margarien. Klits dan 1 eier, 175 ml melk en 5 ml vanielje- of karamelgeursel daarby.

Meng die nat bestanddele by die droë bestanddele met 'n draadklitser.

Smeer 'n vierkantige mikrogolfoondvastebak, van 20 cm. Skep die deeg in die gesmeerde bak.

Meng 250 ml water, 100 ml bruinsuiker en 25 ml kakao. Mikrogolf op hoog vir 2 minute. Roer en plaas terug vir nog 3 minute. Gooi die warm sous bo-oor die deeg.

Bak vir 10 minute in die mikrogolfoond op hoog.

Bedek en laat vir 3 minute staan voordat jy dit met roomys en Bar-one-vla opdien.