Wednesday 15 June 2011

Sjokolade- brandewyn- balletjies















Die sjokolade-brandewynballetjies kan reeds die dag voor Vadersdag gemaak word - maar onthou om dit veilig in die yskas weg te steek!

500 g donker sjokolade (Bourneville)
100 ml brandewyn
125 ml room

Breek sjokolade in blokkies. Plaas saam met die brandewyn in 'n bakkie in 'n groter houer met kokende water. Bedek met 'n handdoek, en laat sowat 'n halfuur staan om te smelt. Klop die room tot dit begin verdik. Voeg by die sjokolade en brandewyn, en klits die mengsel tot al die bestanddele goed gemeng is. Indien nodig, voeg nog brandewyn na smaak by. Skep in 'n vlak bak en laat stol in die yskas. Skep met 'n teelepel uit en vorm in balletjies. Rol in kakao of gekapte neute. Sjokolade-vormpies kan ook gebruik word.