Wednesday 15 June 2011

Don Simon






















Don Simon is 'n fluweelsagte drankie om ná ete te bedien

Plaas twee skeppe vanieljeroomys in 'n mengbak of menger.

Voeg een maat van jou gunsteling-brandewyn en 'n paar druppels koffiegeursel of 'n teelepel kitskoffie by.

Klits met die hand of in die menger tot die tekstuur lig en romerig is.

Bedien in 'n mooi glas met 'n strooitjie.