Friday 17 June 2011

Piesang-en-pekanneutplaatkoekies






















As jou pa ’n soettand het, sal hy van dié plaatkoekies hou. Dis heerlik vir ontbyt met ’n repie of twee spekvleis by en, natuurlik, ’n koppie goeie koffie

2 eiers
500 ml karringmelk
90 ml gesmelte botter
375 ml koekmeel
60 ml strooisuiker
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2 ml sout
250 ml gesnipperde piesang
125 ml pekanneute, fyn gekap
Botter en olie vir braai

Klits die eiers en karringmelk saam. Roer die botter by. In ’n aparte bak, meng die meel, suiker, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg by die karringmelkmengsel en klits tot net gemeng. Roer die piesang en neute by. Verhit ’n klein stukkie botter en ’n paar druppels olie in ’n pan en braai groot lepelsvol van die beslag tot daar borrels boop vorm. Draai om, en braai aan die anderkant tot deurgaar. Herhaal met die res van die beslag. Sit warm voor met heuning of stroop, spekvleis en koffie. Lewer 12 groot plaatkoekies.