Friday 17 June 2011

Bar-one-vla

















Die eenvoudigste manier om gewone vla op te kikker!

1 x 55 g Bar-one
1 x klein boksie vla (500 g)

Sny die Bar-one in klein blokkies. (Wat wed ek jou jy gaan 'n stukkie steel?)

Meng dit met die vla in 'n klein kastrol en smelt die sjokolade oor 'n lae hitte in die vla, terwyl jy dit voortdurend roer.

Bedien saam met warm Bar-one-sjokoladefudgepoeding.