Friday 17 June 2011

Franse kaneelroosterbrood


















1 kg klaarbereide brooddeeg
60 ml sagte botter
60 ml kaneelsuiker
6 eiers
2 eiergele
80 ml room
60 ml melk
15 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
Knippie sout

Rol brooddeeg ongeveer 5 cm dik uit. Smeer die hele oppervlak met botter en sprinkel kaneelsuiker oor. Rol die deeg open sit in ’n broodpan om te rys.

Voorverhit intussen die oond tot 200 °C. Sodra die deeg goed uitgerys het,  bak ongeveer 35-40 minute (na gelang van die grootte van die broodpan) tot die brood goudbruin en deurgaar is. Keer uit en laat afkoel.

Klits die eiers, eiergele, room, melk, strooisuiker, vanieljegeursel en sout saam. Sny die kaneelbrood in dik snye en doop in die eiermengsel tot die brood goed deurdrenk is. Smelt botter in ’n pan en braai die eierbrood stadig oor matige hitte tot gaar, maar nog romerig in die middel.

Sit voor met brosgebraaide spekvleis. Genoeg vir ses tot agt mense.