Tuesday 21 June 2011

Nieta se Oulike tuin idee

Ons het hierdie fototjie gekry van Nieta Neethling wat besig is om haar tuin bietjie mooi te maak.  Hier is 'n oulike idee vir 'n lae onderhoud area in jou tuin en dis so maklik om te doen, dat jy dit binne 'n naweek klaar kan maak.  Echeverias is ideale vetplantjies om vir hierdie projek te gebruik.  Daar is baie verskillende soorte beskikbaar en dis beslis 'n waterwyse plant wat baie maklik groei.