Tuesday 21 June 2011

Malvapoeding






















Genoeg vir: 8-10 porsies

• 250 ml strooisuiker
• 2 eiers
• 15 ml fyn appelkooskonfyt
• 315 ml koekmeel
• 5 ml koeksoda
• knippie sout
• 30 ml botter
• 5 ml asyn
• 125 ml melk

SOUS
• 250 ml room
• 125 g botter
• 125 ml suiker
• 125 ml brandewyn

1 Voorverhit die oond. Klits die strooisuiker en eiers tot lig en romerig. Klits die appelkooskonfyt by.

2 Sif die droë bestanddele saam. Smelt 30 ml botter en meng dit met die asyn en die melk.

3 Vou die droë bestanddele en melkmengsel om die beurt by die geroomde bestanddele in. Giet dit in 'n gesmeerde oondbak en bak vir sowat 45 minute teen 180 °C.

4 Berei die sous Plaas intussen al die sousbestanddele in 'n kastrol en roer tot die suiker opgelos is, maar moenie toelaat dat dit kook nie.

5 Prik die poeding met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en giet die sous oor. Sit dit warm voor met room of vla.