Tuesday 21 June 2011

Mikrogolf Rys sakkies vir die seer lyf en winter koue

Vir winterkoue kniee of 'n seer nek, is 'n rys sakkie wat jy 2 min. in die mikrogolf warm maak, ideaal.

Om hierdie sakkies te maak is baie maklik.  Die ideale materiaal om hiervoor te gebruik is katoen of "flennielap" (flannel).  Jy maak eenvoudig 'n sakkie en vul dit met gewone ongekookte rys. (Moet asb. nie kits rys pakkies hiervoor gebruik nie.)

Die belangrikste om te onthou is:  Maak dit net vir ± 2 min. warm in die mikrogolf.  Nooit langer nie.  Wanneer jy dit uithaal, maak seker dis nie te warm vir die vel nie.

'n Ekstra bederfie wanneer jy die sakkies maak is om kruie by te voeg.  Jy kan lavendar of roosmaryn blaartjies by die rys in die sakkie gooi.
As jy "essential oils" soos eucalyptus wil gebruik, kan jy die druppels oor die rys gooi en in 'n geseelde bakkie sit vir 'n paar dae.  Skud dit so nou en dan om die geure te laat meng.  Gaan dan voort en maak soos gewoonlik jou sakkie met die gegeurde rys.

Hierdie warm sakkies is ideaal vir bejaardes of pasiente wat nie warmwatersakke of elektriese komberse kan gebruik nie, maar onthou asb. wanneer die sakkies in die mikrogolf geplaas word, hou altyd toesig.