Friday 17 June 2011

Junie vakansie by die see

As jy hierdie Junie vakansie bietjie by die see gaan ontspan, onthou om 'n bietjie seessand saam terug te bring.
Hier is drie ou wynglase gebruik as oulike kers houers.  Ideale idee vir daai stel glase waarvan 'n paar al gebreek het en wat maak jy nou met die twee of drie wat oorbly?  (Onthou groeperings in onewegetalle werk altyd die beste.)