Wednesday 15 June 2011

Goedkoop water vir somermaande

In die somer wanneer waterbeperkings opgestel word, is ons altyd spyt dat ons nie ons eie opgaartenk het nie, maar wie het dan nou ook altyd die honderde rande wat uigelê moet word om een aan te skaf......

Ons het hierdie oulike idee raakgeloop - sommer gemaak van 'n ou vullisdrom.  Eenvoudig 'n kraantjie wat onder gesit word en geseël word met silicone en bo moet jy onthou om 'n net te sit vir die goggas en blare.  So eenvoudig soos dit.  Selfs ek kan dit doen.......

As jy dalk erens 'n ou wyn vat het wat rondlê, gebruik dit onder die huis se geute.  'n Goeie idee is egter om 'n "uitlaatpyp" bo net onder die rand van die emmer of drom aan te bring.  Sommer 'n gewone stukkie plastiek pyp van jou keuse waar die water kan uitloop as die tenk te vol raak.

Komaan doen dit nou in die winter sodat jy hierdie somer nie weer spyt is nie.  Elke bietjie water help.