Wednesday 15 June 2011

GEMMERTRUFFELS

















(Dit lewer ongeveer 42 truffels)

3 x 100 g-pak sjokolade, in blokkies
1 x 200 g-pak gemmerbeskuitjies, grofgebreek
1 ml fyn gemmer
5 ml vanieljegeursel
Plaas die sjokoladeblokkies in 'n glasbak en smelt oor kookwater of in die mikrogolfoond. Roer voortdurend om te keer dat dit aanbrand.

Voeg die gemmerbeskuitjies, fyn gemmer en vanieljegeursel by die gesmelte sjokolade en meng goed.

Skep teelepelsvol in klein papierdoppies en plaas in yskas om te stol.

Trek die deksel van 'n skoendoos met koerantpapier oor, voer die binnekant ook met koerantpapier uit en rangskik die truffels binne-in. (Bruinpapier sal ook deug.)

Trek die deksel met sellofaan oor, bind 'n raffia strik om en plak 'n kaartjie op.