Wednesday 15 June 2011

Beesstert – Kobus Wiese






















Oud-springbokrugbyspeler, Kobus Wiese, hou daarvan om te kook en het hierdie beesstert, is een van sy spesialiteite.  
(Bedien 4)
½ kg beesstert
1 blokkie beesaftreksel
3 k water
1 k rooiwyn*
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2 wortels, gekap
2 tamaties, gekap
2 aartappels, gekap
1 x blik botterbone
1 lourierblaar
Braai die beesstert in ʼn bietjie olyfolie tot bruin. Los die aftrekselblokkie in die water op en voeg saam met die rooiwyn by die beesstert. Bedek en prut 2 ure. Voeg dan die uie, knoffel, wortels, tamaties, aartappels, botterbone en lourierblaar by. Kook 2 ure tot sag. Geur met sout en peper na smaak. Bedien met rys of kapokaartappels.
Kobus se geheim: gebruik ʼn goeie rooiwyn – een wat jy met graagte sal drink ook.