Wednesday 15 June 2011

Goedkoop en regop

Wanneer die koue maande se eerte sterk winde begin waai, moet jy al gereed wees.  Maak nuwe boompies, waarvan die stamme nog dun is, vas aan 'n stut.  Maak ook seker dat die plante in jou groentetuin, soos boerbone en tamaties, vasgemaak is.
'n Goedkoop manier van doen is om ou sykouse vir hierdie doeleinde te gebruik en boonop sal dit nie soos draad en tou, die plante en boom se stam beskadig nie. 
Kyk net op hierdie foto die oulike gebruik van ou emmers en 'n pragtige tamatie oes in vorming.  Almal het plek om so 'n klein tuintjie te begin.