Wednesday 15 June 2011

Salie - Salvia officinalis






















Die struik word as sierplant en as kombuisplant gebruik. Salie het ’n effense bitter smaak en moet spaarsamig in kos gebruik word. Botterskorsie, pampoen en salie is ou bedmaats.

Kweekwenke

Dis ’n geharde meerjarige plant wat hou van volson en droë grond wat goed dreineer.

Snoei die plante gereeld, anders versprei hulle te veel en verloor geur.

Maak steggies regdeur die jaar, behalwe in die koudste maande, en vervang voortdurend ou plante met nuwe steggies.

Oeswenke en gebruike

Moenie hier en daar ’n blaar pluk nie – sny eerder die boonste 2 of 3 blaarpare af sodat die plant bosserig kan groei.  Ou blare verrig wondere op ’n komposhoop.

Gebruik salie in vulsels vir hoender en kalkoen, braai dit in botter en sit voor met pampoenkoekies, of oondrooster dit saam met groente.

Hoe kan iemand wat salie in sy tuin kweek, ooit oud word? – In die 10de eeu aan ’n mediese skool in Salerno, Italië gevra.

(kyk onder resepte vir Gnocchi met geskroeide saliebotter)