Friday 17 June 2011

Kaas-en-mosterd-skons





















600 g (4 k) bruismeel
5 ml droë mosterd
45 ml botter
500 ml karringmelk

Bolaag
30 g botter
30 ml heelkorrelmosterd
375 ml gerasperde parmesaankaas


Voorverhit die oond tot 200 °C en voer 'n bakplaat uit met bakpapier.

Meng die meel en mosterdpoeier saam. Vryf die botter daarby in en voeg die karringmelk by. Meng tot 'n klewerige deeg vorm. Keer uit op 'n meelbestrooide oppervlak en knie liggies tot 'n gladde deeg vorm. Druk effens plat en druk sirkels uit. Pak op die bakplaat en bak vir 15 minute.

Smelt intussen die botter vir die bolaag. Verwyder van die hitte en roer die res van die bestanddele by. Skep op die skons en oondrooster tot die bo-laag borrel en goudbruin is. Sit dadelik voor met botter en gerasperde kaas.

Lewer 12 skons.