Tuesday 14 June 2011

Inmaak van Koejawels
















Ek het 'n heerlike klomp koejawels as 'n geskenk ontvang.  Ek kan nou nog onthou hoe ons altyd lekker koejawels sommer so van die boom ge-eet het as jy hulle water gee.  My buurvrou het my hierdie maklike manier gewys om koejawels in te lê, sonder om dit te kook.
















Sny die koppies en punte van die koejawels af en skil hulle.
















Sny die geskilde koejawels in ringe, maar onthou om darem so nou en dan 'n stukkie in die mond te sit, net om seker te maak hulle is nog reg.

















Pak nou 'n laag koejawels in jou bakkie, strooi 'n bietjie suiker oor, en maak die bakkie so vol.  Sit deksels op en sit in vrieskas.  Haal 'n bakkie uit en ontdooi en geniet hierdie heerlike vrugte lank nadat die bome nie meer dra nie.