Friday 27 May 2011

Wortel-en-prei-roomsop




















Wortel-en-prei-roomsop

Tot taamlik onlangs was botterskorsie-sop ’n gewilde voorgereg. Maak nou wortel-en-preisop as voorgereg. Dis ’n heerlike afwisseling.
(4 - 6 porsies as voorgereg)
  • 6 groot wortels, in blokke van sowat 3 cm gesny
  • 4 preie, in stukke van 2 cm gesny
  • 2 knoffelhuisies
  • 500 ml groente-aftreksel
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 250 ml room
  • 125 ml melk
  • 1 prei (net die groen gedeelte), opgekap vir garnering
Meng die wortels, preie, knoffel en groente-aftreksel in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt en laat dan stadig kook totdat die groente lekker sag is. Plaas die mengsel in ’n versapper en verpulp. Gooi die verpulpte mengsel in ’n kastrol en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Voeg die melk en room by en verhit tot net by kookpunt. Garneer met gekapte prei.

Bedien saam met

Heerlike crostini: Gaan koop ’n Franse brood en sny dit in skywe. Verhit jou oond tot 200 °C. Pak die snye brood op ’n bakplaat en bedruip met olyfolie. Plaas in die oond vir ongeveer 20 - 30 minute. Die broodjies moet lekker bros wees. Wanneer dit reg is, haal uit en smeer met ’n vars huisie knoffel. Die knoffel sal die broodjies geur.