Friday 27 May 2011

Lam-en-lensiesop






















Presies soos my ma dit altyd gemaak het. Daar was niks lekkerders as om as gesin voor die TV te sit en dié sop te eet nie.
(4 porsies)
  • 30 ml olyfolie
  • 800 g lamskenkel-stukke (lamb knuckles)
  • 2 uie, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 wortels, in ringe gesny
  • 2 selderystokkies
  • 150 g groen lensies
  • 80 ml rooiwyn
  • 2 naeltjies
  • 30 ml gemengde kruie
  • 3 liter beesaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olyfolie in 'n groot pot tot warm. Verbruin lamsvleis in warm olie tot goudbruin. Skep vleis uit pot en hou eenkant. Plaas uie en knoffel in die pot en braai vir 5 minute of tot goudbruin. Gooi wortels en seldery by en braai vir nog 5 minute. Voeg lensies en rooiwyn by en meng deur. Plaas verbruinde vleis terug in die pot saam met die naeltjies, kruie en aftreksel. Verlaag die hitte en laat stadig prut vir sowat 3 uur of totdat die vleis van die bene afval. Gooi nog vloeistof by indien nodig. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm sop saam met tuisgebakte brood voor.