Wednesday, 25 May 2011

Skinkbordkoek - 20 blokkies

















Skinkbordkoek  - 20 blokkies

Baktyd: 30-35 minute
Oondtemperatuur: 180°C

235 ml (75 g) kakaopoeier
3 ml koeksoda
4 groot eiers
425 ml (370 g) ligte bruinsuiker
180 ml sonneblomolie
370 ml (200 g) bruismeel
VERSIERSEL
270 ml (250 g) margarien
960 ml (500 g) versiersuiker, gesif
30-50 ml melk
koskleursel (opsioneel)
kleurryke lekkergoed vir versiering
Klits die kakao en 200 ml kookwater saam. Klits die koeksoda by en laat dit vir 10 minute eenkant afkoel.

Klits die eiers, suiker en olie saam, en roer dan die meel en kakaomengsel by.

Gooi die mengsel in 'n gesmeerde koekpan van 23 x 30 cm en bak dit in 'n verhitte oond vir 30 tot 35 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom. Laat die koek afkoel en keer dit uit.

Versiersel Klop die margarine tot romerig. Voeg die gesifte versiersuiker en 'n bietjie melk by. Klop die mengsel goed totdat die versiersel romerig is en gesmeer kan word. Kleur dit met koskleursel, indien verkies. Smeer die versiersel bo-op die koek en sny dit in blokkies.

Versier elke blokkie met lekkergoed