Pepermentmalva (Pelargonium tomentosum)
Roosmalva (Pelargonium graveolens)
Suurlemoenmalva (Pelargonium citrosum `Van Leenii´)
Neutmalva (Pelargonium fragans)
Plant geurmalvas in volson, hoewel gedeeltelike skaduwee beter is in 'n baie warm klimaat.
Wenke vir die gebruik van malvas:
Geur koek en poeding deur die bodem van die pan met vars blare van die roosmalva (Pelargonium graveolens) te bedek. Die geur, wat 'n mengsel van vanielje, suurlemoen en roos is, bak deur die koek of poeding. Moet net nie die gebakte blare voorsit nie, want dit proe bitter.
Die gesnipperde, vars blare en blomme van die roos- (Pelargonim graveolens), suurlemoen- (Pelargonium limonseum) of pepermentmalva (Pelargonium tomentosum) kan as geurmiddel by vrugtesap gevoeg word.
Voeg die blare van die appelmalva (Pelargonium odoratissimum) by alle appelgeregte.
Vryf jou hande met vars geurmalvablare om verfvlekke af te kry.
Voeg die blare van die neutmalva (Pelargonium fragans) by lewerpatee.
Verlig diarree deur elke halfuur 'n eetlepel van 'n aftreksel van roosmalvablare te neem. Maar gaan dokter toe as die toestand nie vinnig verbeter nie.
Vryf houtmeubels met vars roosmalvablare om dit 'n heerlike geur te gee.
Snipper vars roos-, peperment- of suurlemoenmalva in 'n mooi bakkie en plaas die bakkie in die vertrek as natuurlike lugverfrisser net voor jou gaste aankom.
Snipper vars blare van die Pelargonium citrosum ‘Van Leenii' om muskiete weg te hou - jy kan dit ook aan jou arms en bene vryf.
Die wilderoosmalva verdryf insekte en die blare kan saam met kruie soos wildeals, wynruit en knoffel gekook word om 'n organiese insekdoder te maak