TOFFIEAPPELS
Dié gewilde lekkerny is nie net vir die kleingoed nie - die hele gesin kan vingers aflek.
Genoeg vir: 10-12
• 10-12 kleinerige rooi appels
• 10-12 stewige, dik sosatiestokkies
• 500 ml water
• 125 ml suiker
• 75 ml gouestroop
• 10 ml asyn
• 30 ml botter
• rooi voedselkleursel
• 10-12 stewige, dik sosatiestokkies
• 500 ml water
• 125 ml suiker
• 75 ml gouestroop
• 10 ml asyn
• 30 ml botter
• rooi voedselkleursel
Sodra die suiker opgelos is, bring die mengsel tot kookpunt en laat dit oor matige hitte prut totdat die stroop hardebalstadium (of 154-160 °C op 'n suikertermometer) bereik. Voeg die rooi voedselkleursel by sodra die regte temperatuur bereik is. Heelwat voedselkleursel is nodig om 'n diep rooi kleur te verkry. Draai die kastrol in die rondte om die kleursel met die stroop te meng
Plaas nou die kastrol met die stroop in 'n groter kastrol met kookwater om die stroop warm te hou sodat jy genoeg tyd het om al die appels daarin te doop voor dit te hard word. Doop die appels een vir een in die stroop en draai hulle in die rondte om hulle oraloor te bedek. Plaas dit nou op gesmeerde bakplate en laat dit staan totdat dit hard en afgekoel is.
Wenke
• Toffieappels word binne 24 uur klewerig, want dit absorbeer vog uit die lug. Draai die appels in kleefplastiek of sellofaan toe sodra die stroop hard is, en bewaar dit op 'n koel, droë plek.
• Toets só vir hardebalstadium: Skep 'n lepel van die suikermengsel in 'n beker yskoue water. Wanneer die mengsel kliphard word, met harde, bros drade, is dit by hardebalstadium. Of gebruik 'n suikertermometer Plaas die termometer in die kastrol sodra die stroop begin kook. Kook die stroop sonder om dit te roer totdat die termometer die korrekte temperatuur aandui. Onthou dat die stroop se temperatuur die laaste oomblikke vinnig styg.
• Een probleem met suikerstroop is dat dit kristalliseer. Dit beteken die suiker is nie heeltemal opgelos as dit begin kook nie. Jy kan dit verhoed deur 'n suur soos suurlemoensap of asyn, óf 'n addisionele versoeter soos gouestroop of glukose, by te voeg