Thursday 19 May 2011

Saadjies (Goedkoop en eintlik verniet)

Om groentesaadjies in die winkels te koop kan 'n duur storie afgee en somtyds eindig jy op om weer saadjies te gaan koop, want die eerste pakkie se saad het nooit opgekom nie.  (Dit al oorgekom?)

Kom ek deel my geheim.  Wanneer ek 'n tamatie koop en ek hou van die vorm en kleur, ens van die tamatie, sal ek van die saadjies uitkrap en hou.  Dan saai ek hulle in my groentetuin houers en glo my ek het al vele suksesvolle oeste gehad.  'n Tamatie wat ek vind nogal ideaal is vir beginners is Roma tamatietjies.  (Dis 'n klein ronde tamatie en meeste winkels verkoop hul deesdae.)   Dis heerlik in 'n slaai en hulle dra in trosse. 

Mens jy voel baie trots wanneer daardie eerste oes reg is en jy kan daarmee spog in 'n slaai wanneer jy onthaal.

Nog iets wat ek met sukses vir enige beginner kan aanbeveel, is greenpepper saad.  Jy koop die mooiste grootste greenpepper (rooi, geel, groen of oranje) en jy neem eenvoudig die saad en gooi dit in jou tuin en gee dit water.

Daar is geen spesiale behandeling vir die saad nodig nie.  Net tonne sonlig, liefde en water.

Ek kan hier noem dat al daardie reëls vir plant, nie altyd NODIG is nie.  In ons tuin het tamaties al hope gedra in grond wat gladnie behandel was met kunsmis en spesiale "goete" nie.  Soos ek sê, net tonne sonlig, liefde en water.  :-)